Tendai Beast Mtawarira (37) het Dinsdag in Parys geland om die Webb Ellis-beker van Suid-Afrika na Frankryk te neem.
Hy sê in ‘n Facebook-plasing dat hy dit nie kon verhelp om emosioneel te word toe hy weer die trofee sien nie. Mtawarira het 117 toetse vir Suid-Afrika gespeel en was deel van die span wat die beker in 2019 in Japan verower het.
Die Wêreldbeker-toernooi 2023 skop op 8 September 2023 in Frankryk, wat die gasheerland is, af.
Suid-Afrika se Springbokke was in 2019 die rugbywêreldbekerwenners.
Die beker is die eerste keer in 1978 aan Nieu-Seeland toegeken.
Suid-Afrika en Nieu-Seeland het die beker elk drie keer gewen, Suid-Afrika in 1995, 2007 en 2019.
Die Webb Ellis-beker, wat die korrekte benaming is, in stede van “trofee” is vernoem na William Webb Ellis wat die sport in 1823 begin het.
Watter span is jou gunsteling wat jy hierdie jaar ondersteun?
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



