Jumbo-winkelkassiere in hegtenis geneem vir diefstal

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Altesaam 17 verskyn in hof vir openbare geweld

’n Voormalige kassiere van Jumbo Cash and Carry-winkel is Maandag in hegtenis geneem in Mthahta op aanklagtes van diefstal.

Die bestuur van die Jumbo het in Februarie 2023 ’n klag teen Khululekani Koyana (33) ingedien waarin hulle gesê het Koyona het geld gesteel en die bestuurder se kaart gebruik om transaksies goed te keur sonder toestemming.

Die Valke het bevestig Jumbo het meer as R360 000 verloor terwyl Koyana daar in diens was. Koyana het Maandag in die hof verskyn en die saak is uitgestel tot 7 Junie.

Bronne: SAPS

Lees ook: Altesaam 17 verskyn in hof vir openbare geweld