Drie vas na ‘moord’ op skaapherder

Deel hierdie storie / Share this story

Hlompo Patrick Phale (33) is Saterdag 27 Mei 2023 dood op ‘n plaas naby Amelia in Zamdela in die Vrystaat, aangetref. Drie verdagtes is in hegtenis geneem.

Wil jy jou produk, diens of onderneming aan meer as 200 000 sosiale-media volgelinge en meer as 1 miljoen lesers bemark? Stuur ‘n e-pos aan [email protected] of klik op die skakel.

Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring dat die drie in hegtenis geneem is nadat ‘n skaapherder dood gevind en 98 skape gesteel is.

Zamdela-polisie het die oggend omstreeks 08:00 die rapportering van ‘n moord op ‘n plaas ontvang.

Met aankoms is die skaapherder gevind met beide hande wat vasgevind is en hy het ‘n skietwond in die maag gehad.

Die polisie het ‘n saak van moord en veediefstal geopen.

Die kriminele saak is deur die provinsiale georganiseerde misdaadeenheid ondersoek wat in minder as 48 uur deur inligting drie verdagtes tussen die ouderdomme van 33 en 41 jaar oud in Randfontein, Gauteng, in hegtenis geneem het.

Die ondersoekeenheid het 18 van die skape teruggevind.

Meer arrestasies word verwag.

Die verdagtes wat in hegtenis is, sal Donderdag 1 Junie 2023 vir moord en veediefstal in die Sasolburg-landdroshof verskyn.

Enigiemand wat met die ondersoek kan help, word versoek om met speur.sers. Tauru Majoe by 071 094 0570 in verbinding te tree.

Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 of die noodnommer 112 gebruik word.

Inligting kan ook anoniem deur die MySAPS-toepassing verskaf word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.