Busisiwe Bhembe (73) is Maandag 22 Mei 2023 by haar huis in Protea Glen om die lewe gebring.
Women For Change sê sy is na bewering deur haar eie seun doodgemaak.
Volgens bure het Bakhe Bhembe, haar seun en die beweerde verdagte, glo sy ma gedurende beurtkrag aangeval.
Haar jongste seun het glo die bure ingelig dat sy broer hul ma met ‘n byl gekap het en dat hulle hulp nodig het.
Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



