Ruach Bergh, baba van Melinda Bam en Adriaan van der Berth, het sy eerste seevakansie ervaar.
Die glanspaar, beide voormalige Mej. en Mnr. Suid-Afrika het foto’s gedeel waar hulle hul babaseun Ruach op die strand vashou.
Hy is op 10 Maart 2023 gebore.
“Die eerste keer met jou voetjies in die see en seesand tussen jou tone! Oooh dis lekker by die see mamma! Ons maak net seker ons seuna leer sommer vroeg ons liefde vir die sand strand son en die see aan! Nou kort hy nog net ‘n klein flopsie hoedjie dan kan hy enige tyd kaalbas teen sy mamma se lyfie kom swem!”
“Catching the last bit of summer mama! With this little one, it feels like the waves roll in just to toy with our toes & the sun shines a little brighter especially for us!”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



