Lees ook: Polisie vra vir hulp na EFF-raadslid in Limpopo vermoor word
Die polisie in Limpopo het ’n mannejag geloods na ’n transito-rooftog Maandag in Matlelerekeng.
‘n Transitovoertuig was besig om op die Senotlelo-Mokgwaneng-pad te ry toe dit deur ‘n groep van sowat tien verdagtes in ‘n VW Jetta 5 en dubbelkajuit bakkie aangeval is. Die verdagtes het op die voertuig begin skiet, die sekuriteitswagte by die voertuig uitgedwing en hulle vuurwapens gevat.
Die verdagtes het ’n ploftoestel in die voertuig gesit en ’n onbekende hoeveelheid geld gesteel. Een van die verdagtes is deur ’n medepligtige raakgeskiet tydens die voorval en is deur sy medepligtiges gehelp om te vlug.
Geen sekuriteitswagte is in die rooftog beseer nie en ’n span van die polisie is besig om die roof te ondersoek. Enigiemand met inligting word gevra om na vore te kom.
Bronne: SAPS
Lees ook: Polisie vra vir hulp na EFF-raadslid in Limpopo vermoor word



