Openbare bystand word benodig om die 61-jarige Chanlall Dwarika, ook bekend as Shan, op te spoor.
Volgens ‘n verklaring het Dwarika, ‘n inwoner van Verulam in KZN, Sondag sy huis verlaat om instandhouding te doen by ‘n eiendom wat hy in Maynardweg in Sea Cow Lake KZN verhuur het.
Hy het glo van die huurhuis gery om ‘n boor te gaan koop, maar nie weer teruggekeer nie.
Sy selfoon is afgeskakel en pogings om hom te kontak, is onsuksesvol. Hy het ‘n swart Honda CRV met registrasie NJ 21395 bestuur.
Enigiemand met inligting rakende Dwarika kan die Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) by 086 1234 333 kontak.



