Meer as 500 verdagtes in Vrystaat vas in sewe dae

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in die Vrystaat het meer as 500 persone in die tydperk van 21 tot 28 Mei in hegtenis geneem.

Wil jy jou produk, diens of onderneming aan meer as 200 000 sosialemedia-volgelinge en meer as 1 miljoen lesers bemark? Stuur ‘n e-pos aan [email protected] of klik op die skakel.

Volgens die polisie is die verdagtes in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van onwettige vuurwapens, moorde, verkragtings en kapings.

Van die verdagtes is ook gesoek vir geslagsgebaseerde misdade, veediefstal en beskadiging van infrastruktuur.