Liggaam van onbekende vrou gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Onbekende vrou, vermoedelik 30 jaar oud, se liggaam is Woensdag 30 Mei 2023 omstreeks 00:20 naby Protem in Zamdela, in die Vrystaat, gevind.

Wil jy jou produk, diens of onderneming aan meer as 200 000 sosialemedia-volgelinge en meer as 1 miljoen lesers bemark? Stuur ‘n e-pos aan [email protected] of klik op die skakel.

Sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, sê Zamdela-polisielede was besig met roetinepatrollie toe hulle ‘n vrou opmerk wat op die grond sit en teen ‘n shack leun. Sy het nie reageer nie en nooddienste is ontbied. Die onbekende vrou is op die toneel dood verklaar.

Sy het geen identiteitsdokument in haar besit gehad nie, maar was geklee in ‘n groen broek, pienk trui, swart stewels en ‘n grys oortrektrui met ‘n hoodie wat haar gesig bedek het.

Enigiemand wat die persoon ken of die beskrywing herke,n kan met die volgende persoon in verbinding tree:

Sers. Tshidi Makhonanyana by 082 301 3022.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.