‘n Hartroerende foto word op sosiale media gedeel van Katlego Bereng se ma wat voor die hof bid waar die beskuldigdes in die Thabo Bester-hofsaak se borgaansoek voor die hof aangehoor word.
Bereng is in Mei verlede jaar dood toe hy in Thabo Bester se sel doodgebrand het.
Toe sy ma by die hofverrigtinge aankom, het sy gebid voor die vyf beskuldigdes se borgaansoek voorgekom het. Vier van die beskuldigdes is Maandag borgtog geweier.
Senohe Matsoara, Teboho Lipholo, Buti Masukela en Tieho Frans Makhotsa is borg geweier.
Natassja Jansen is R10 000 borg toegestaan.



