Vrou se halfkaal liggaam in bosse gevind drie dae na sy vermis raak

Deel hierdie storie / Share this story

Cebisa Cece Vulangengqele (37) se lewelose liggaam is op 23 Mei langs Baden Powell-rylaan in Kaapstad aangetref.

Volgens Women For Change is Vulangengqele se halfkaal liggaam op ‘n stuk pad tussen Khayelitsha en Strandfontein gevind. Sy het glo slegs onderklere aangehad.

Sy het op 20 Mei vermis geraak nadat sy laas gesien is toe sy ‘n taverne in Delft verlaat het.

Niemand is nog in verband met haar moord in hegtenis geneem nie.