Man wat vliegtuigdeur oopmaak tydens landing in hegtenis geneem

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verpleegster se liggaam in vlak graf gevind

‘n Man wat tydens ‘n landing die deur van ‘n Asiana Airlines-vliegtuig oopgemaak het, is in hegtenis geneem.

Die vliegtuig was besig om in Suid-Korea te land toe die man besluit het om die deur oop te maak. Hy was glo ongemaklik en wou vinnig van die vliegtuig af kom. Hy het tydens ondervraging gesê hy is “gestres”, want hy het sy werk verloor.

Die 194 passasiers het oorleef en die vlug het Vrydag veilig geland by die Daegu internasionale lughawe.

Party van die passasiers het flou geword en ander het asemhalingsprobleme gehad en moes na die hospitaal geneem word.

Bronne: BBC, IOL, The Star, CBS News

Lees ook: Verpleegster se liggaam in vlak graf gevind