Junior Blou Bul-moordbeskuldigde se regspan daag nie op in hof nie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Junior Blou Bul-speler in hof vir moord op Ntokozo Xaba, laat vaar borgaansoek

Die junior Blou Bul speler Ngcebo Thusi se regspan het nie in die Pretoria landdroshof opgedaag vir sy borgaansoek nie.

Thusi (23) wat van die moord van sy meisie Nthokozo Xaba (21) beskuldig word sou vandag aansoek doen om borg, maar sy regspan was nie daar nie. Thusi het gesê hy was weke laas in kontak met hulle.

Die hof het Thusi ingelig sy saak sal volgende maand weer in die hof wees, maar Thusi wou sy borgaansoek afgehandel hê. Die hof het geweier, want die datums vir sy borgaansoek kan nie besluit word sonder sy regspan nie.

Nthokozo Xaba is in haar woonplek in Pretoria gevind op 2 Februarie met steekwonde aan haar nek en bolyf. Thusi was die laaste persoon wat haar gesien het.

Die TUT-studenteraad het gesê hulle wil nie hê Thusi moet vrygelaat word op borg nie.

Die moordsaak teen Thusi is tot 2 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.

Bronne: IOL, Hosted, Pressreader

Lees ook: Junior Blou Bul-speler in hof vir moord op Ntokozo Xaba, laat vaar borgaansoek