Verdagte in hegtenis vir moord en poging tot moord in Hanover Park

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Brackenfell-moordsaak weer uitgestel oor beurtkrag

’n Verdagte (20) is vanoggend in Hanover Park op aanklagte van moord en poging tot moord in hegtenis geneem.

Lede van die Philippi-polisie het vanoggend reageer op inligting oor ’n skietery. Die twee mans is deur twee onbekende verdagtes geskiet. Die slagoffers is met privaat vervoer na die hospitaal geneem waar een (37) oorlede is.

Een verdagte is naby die toneel in hegtenis geneem, maar die tweede verdagte word steeds gesoek.

Bronne: SAPS

Lees ook: Brackenfell-moordsaak weer uitgestel oor beurtkrag