Lees ook: Polisiebeampte geskors wat glo 95-jarige vrou met dementia skok
Twee verdagtes van ’n gewapende roof van ’n koeriervoertuig is Woensdag dood tydens ’n skietery met die polisie.
Die polisie het reageer op die roof van ’n koeriervoertuig op die N2 in Paddock. Die ondersoek het na Newlands East gelei waar hulle glo die verdagtes gekry het terwyl hulle die gesteelde items wegpak.
Die verdagtes het op die polisie geskiet en die polisie het teruggeskiet. Twee verdagtes is doodgeskiet. Die derde verdagte is in hegtenis geneem en twee vuurwapens is by die toneel gevind.
Die OPOD is na die toneel ontbied vir verdere ondersoek.
Bronne: SAPS
Lees ook: Polisiebeampte geskors wat glo 95-jarige vrou met dementia skok



