Lees ook: Twee roofverdagtes dood in skietery met polisie
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het toestemming ontvang om selfone te gebruik om mense dop te hou vir ondersoekdoeleindes te gebruik.
Ronald Lamola, minister van justisie, het ‘n vyf jaar uitsondering van die RICA-wet Vrydag in die staatskoerant gepubliseer, wat die polisie die reg gee om verskeie toestelle te gebruik om mense dop te hou wat andersins onwettig sou wees.
Die polisie kan “signal interception”-toestelle gebruik om inligting te kry oor enige selfoon in ‘n spesifieke gebied.
Hulle kan ook “International Mobile Subscriber Identifier catchers” gebruik, wat optree as selfoontorings wat data ontvang van alle toestelle wat daaraan gekoppel is.
Hulle sal daardie inligting kan gebruik om mense te identifiseer.
Hulle mag ook: “hardware keystroke recorders, night vision, thermal imaging equipment, wiretaps, eavesdropping microphones, miniature video en audio recorders, en location tracking devices” gebruik.
Bronne: News24, TDPel Media, Cape Talk



