Justin Bannink (19) wat vroeër die maand by die werk van ‘n stywe nek en ‘n seer kop gekla het, is oorlede.
Die skool het die hartseer nuus op sy Facebook-blad bekendgemaak. Bannink se ma, Altonette Bannink, het ook verskeie plasing op sosiale media gedeel.
“Hoërskool Riebeeckrand deel ons innige simpatie aan die Bannink-gesin met die verlies van jong Justin. ‘n Lewe wat hopeloos te vroeg geneem is,” skryf die skool.
Daar is vroeër ‘n BackaBuddy-rekening geskep om die Bannink gesin te help om geld in te samel na die 19-jarige Bannink in ʼn kritieke toestand met bloeding op sy brein by die Leratong-hospitaal in Krugersdorp opgeneem was.
“Hy het Maandag 15 Mei 2023 gewerk en gekla van sy nek wat seer en styf is en van kopseer. Hy het later die dag gesê hy voel regtig nie lekker nie en moet by ʼn hospitaal uitkom.” Lees meer hier.



