Só lyk die Cholera getalle in Suid-Afrika – 51 positief getoets

Deel hierdie storie / Share this story

Die Nasionale Departement van Gesondheid in Suid-Afrika het die volgende getalle ten opsigte van die uitbreking van Cholera sedert 22 Mei 2023 vrygestel:

Gauteng:

107 pasiënte gesien;

29 het positief getoets vir Cholera;

15 persone is dood wat twee kinders en 13 volwassenes insluit;

46 pasiënte is by Jubilee distrikshospitaal opgeneem, waarvan 18 na Dr George Mukhari en Steve Biko Akademiese hospitaal oorgeplaas is.

Nasionale getalle:

51 gevalle is landswyd positief aangeteken vir Cholera;

1 – Limpopo wat ‘n geskiedenis het dat die persoon gereis het;

6 – Vredefort in die Vrystaat;

44 – Gauteng (Waarvan 29 in Hammanskraal en nog 15 vorige provinsiale gevalle).

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.