Gebede vir siek Troebadoer gevra

Deel hierdie storie / Share this story

Die Troebadoer, oftewel Ed van Wyk, se familie vra gebede vir die siek sanger.

Volgens World of Music (WOM) ervaar hy tans erge pyn.

Die blad het op 4 Mei geplaas dat hy met kanker gediagnoseer is.

“Ons het verneem dat Ed in 2021 gediagnoseer is met kanker en dat hy tans baie siek is. Ons bid dat Jesus Ed sal aanraak en genees en ons dink aan Ed se familie ook en dra hulle op in ons gebede.”

Die foto in die hospitaalbed is deur sy familie aan WOM verskaf.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.