Seun wat kopbesering opdoen tydens rugbywedstryd, binnekort terug by skool

Deel hierdie storie / Share this story

Die 17-jarige Chris Jordaan, sy pa Chris en sy broer Johan, het vandag by oud-Affie en spandokter van die Wit Bulle gaan kuier.

Volgens die Oud-Affiebond wou Chris graag die dokter ontmoet wie hom op die rugbyveld by Affies behandel en gehelp het. “Hulle wou ook dankie sê aan dr. Kelbrick wie met sy flinke optrede waarskynlik Chris se lewe gered het! Chris gaan Woensdag terugkeer na sy ouerhuis asook sy geliefde skool, Boishaai, waar ons sommer weet hy ‘n helde-ontvangs gaan kry! Ons beste wense vergesel Chris, mag ons Hemelse Vader jou 100% genees, jongman.”

Jordaan is in April in ‘n rugbywedstryd beseer. Hy het ‘n ernstige kopbesering opgedoen en is in die waakeenheid van die Pretoriase hospitaal opgeneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel