Onbekende man dood met skietwonde gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n onbekende manspersoon in sy 30’s is Sondagoggend 21 Mei 2023 in Majolastraat, Walmer, Gqeberha, gevind.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê Walmer-polisie is na ‘n moordklag ontbied.

Met aankoms op die toneel is die onbekende man gevind.

Hy was in ‘n swart sweetpakbroek, bruin (fleece) baadjie en ‘n vlootblou beanie met grys en wit seilskoene.

Die oorledene het verskeie skietwonde aan sy liggaam gehad.

‘n Moorddosier is geopen en die polisie versoek enigiemand wat die man kan indentifiseer of wat sy naasbestaandes weet om met Walmer speurdersers. Lindile Mlaza by 082 075 7186 of die naaste polisiestasie in verbinding te tree.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.