‘n 22-jarige vermeende dronkbestuurder het Saterdag met sy tannie se motor deur die dak van ‘n huis gery.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het inwoners lede omstreeks 10:17 in kennis gestel van die ongeluk. Lede het met hul aankoms op die toneel kon vasstel dat die wit Toyota Corolla deur die woning se dak gery het. Daar was niemand ten tye van die ongeluk by die huis nie.
Die insittendes van die motor is ook nie beseer nie.
Die bestuurder van die motor is aan die Verulam-SAPD oorhandig vir ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



