‘n Man is Saterdagmiddag verskeie kere tydens ‘n rooftog op Ou Hoofweg in Canelands – KZN gesteek.
Die beseerde slagoffer het omstreeks 17:31 ‘n lid van Reaction Unit South Africa (Rusa) in kennis gestel van die voorval. Die man het verduidelik dat hy in die rigting van King Shaka Internasionale Lughawe in KZN gestap het toe hy deur ‘n verdagte gekonfronteer is.
Die rower het kontant en waardevolle items geëis. Die slagoffer is herhaaldelik met ’n mes gesteek nadat hy sy aanvaller ingelig het dat hy niks van waarde het nie.
Reaksiebeamptes het ‘n uitgebreide soektog na die verdagte gedoen, maar geen arrestasies is gemaak nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



