Resep: Anysbeskuit

Deel hierdie storie / Share this story

Heerlike resep vir anysbeskuit!

Bestanddele

750 ml (3 k) volroommelk
500 ml (2 k) water
200g botter
500 ml ( 2 k) suiker
Verhit op stoof tot botter gesmelt het.
Laat afkoel.

Meng saam in bak

2 kg (16 k) koekmeel
10 ml (2t) sout
20 g (2x10g) kitsgis
25 ml (5 t) anyssaad

Metode

Voeg nou afgekoelde melkmengsel by gesifte droe bestandelle en meng goed.
Knie deeg vir 15 minute, as deeg effe klewerig is, voeg bietjie meel by sodat dit nie aan jou hande kleef nie.
Bedek met kleefplastiek wat met olie gesmeer is.
Plaas op warm plek om te rys, +/_ 2 uur, of tot dubbel gerys het.
Knie deeg af en rol in bolletjies, pak in voor bereide panne wat gesmeer of gespuit is.
Laat beskuit weer op warm plek rys tot dubbel die grote.
Bak vir 60 minute by 180*C.
Keer beskuit uit en laat heeltemal afkoel op afkoelrakkie.
Breek beskuit in stukke en plaas op draadrakkies op bakplaat en droog 5-6 uur teen 50*C tot goed droog

Plasing Tiana Botes/WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel