President Ramaphosa oorhandig sleutels vir huis aan bejaarde egpaar

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa het Vrydag in die Paarl in die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit aangekom vir ‘n imbizo met die plaaslike gemeenskap.

Hy het ook ‘n huissleutel aan ‘n bejaarde egpaar, die 75-jarige Johannes en die 70-jarige Johanna Buys, oorhandig.

Hulle is onder 2 500 maatskaplike behuisingsbegunstigdes van die Vlakkeland Openbare Behuisingsprojek.

Die president gaan met inwoners, gemeenskapsgebaseerde organisasies en besighede in gesprek tree tydens die imbizo by die Dal Josaphat-stadion.