Die IRS Forensiese ondersoekers is op soek na David Schalk du Preez wat by verskeie aangeleenthede betrek word vir die beweerde aansporing van klaers wat in motorvoertuigtransaksies belê.
Die motorvoertuigtransaksies is na bewering net ‘n slenter om fondse van klaers te bekom. Die fondse word nie vir die beoogde doeleindes aangewend nie en klaers ontvang nie ‘n opbrengs op hul “belegging” nie en ontvang ook nie die fondse terug wat aanvanklik belê is nie.
IRS Forensies ondersoek tans ‘n strafregtelike saak teen Du Preez wat etlike miljoene rande beloop.
Indien iemand enige inligting oor hierdie saak het, word hulle versoek om asseblief die IRS te kontak by 0861 911 477 gedurende kantoorure of om ‘n WhatsApp of Telegram na 0794442666 te stuur.



