Plaaswerker gesoek nadat hy glo boer na afdanking aanrand

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in die Oos-Kaap is op soek na ‘n plaaswerker wat na bewering ‘n paar dae nadat hy afgedank is, na die plaas teruggekeer het om sy werkgewer met ‘n mes aan te val.

Die boer (53) is Donderdagoggend op sy plaas in die Barkly-Oos-omgewing glo deur ‘n werknemer wat twee dae vroeër afgedank is, aangeval.

Volgens kapt. Ursula Roelofse, polisiewoordvoerder, is die boer na ‘n hospitaal geneem vir behandeling na die beweerde aanval.

Die ondersoek duur voort.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel