Die winkelgroep Woolworths het Vrydag in ‘n verklaring aangekondig dat hy van sy hoender weense worsie-produkte herroep.
Dit sluit in die Woolworths gerookte hoender weense worsies, klein hoender weense worsies, en Halaal gerookte hoender weense worsies met ‘n verkoop-teen-datum van 27 Mei 2023.
Luidens die verklaring het hulle gedurende roetinetoetse ‘n fout in die produksielyn ontdek.
Weens die fout het kruisbesmetting van melkproteïene tussen die hoender weense worsies en hoender kaasworsies plaasgevind.
Diegene wat die betrokke produkte gekoop het, word gevra om dit terug te neem na enige Woolworths-winkel vir ‘n terugbetaling.
Die strokie word nie benodig nie.





