Vermeende polisiemoordenaar in hegtenis geneem

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: ‘Dis ‘n oordrywing!’ – taxidrywer vir Meghan en Harry

’n Vermeende polisiemoordenaar is in Evander in hegtenis geneem na die Valke en K9 saamgewerk het.

WO Hlatshwayo is op 18 Februarie 2022 aangeval en deur onbekende verdagtes geskiet toe hy by sy huis ingegaan het. Hy is eers na die provinsiale hospitaal in Piet Retief geneem en later na die Trichardt Medi Clinic waar hy oorlede is.

Een van die verdagtes is tydens die ondersoek geïdentifiseer en hy is op 18 Mei 2023 in hegtenis geneem.

Nog inhegtenisnemings word verwag. Die verdagte sal binnekort in die Piet Retief-landdroshof verskyn.

Bronne: SAPS, Economy24

Lees ook: ‘Dis ‘n oordrywing!’ – taxidrywer vir Meghan en Harry