Aardbewing van 7.7 in Stille Oseaan

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Petrolprys daal dalk in Junie, sê AA

‘n Aardbewing van 7.7 op die Richterskaal het Vrydag die Stille Oseaan getref. Die aardbewing was suid-wes van Fiji, noord van Nieu-Seeland en oos van Australië.

Die tsunami-waarskuwing vroeër vir Fiji, New Caledonia, Kiribati en Nieu-Seeland uitgereik is, is gelig, aangesien die Pacific Tsunami Warning Center sê die gevaar is verby.

Daar is tans slegs ‘n waarskuwing vir sterk strome langs die Nieu-Seeland-kuslyn.

Bronne: DW – South Africa, The Guardian, New York Times

Lees ook: Petrolprys daal dalk in Junie, sê AA