Chloe Laubscher (16) is sedert 16 Mei 2023 in Gauteng vermis.
Sy was die laaste keer naby Grey Owl-inkopiesentrum in Brakfonteinpad, in Centurion, opgemerk.
Tydens haar verdwyning was sy in ‘n swart Nike bostuk, grys spanbroek en swart tekkies geklee.
Indien enigiemand weet waar sy haar bevind, kan daar met die volgende persone in aanraking gekom word:
Olifantsfontein SAPD – 011 316 8020 of speurder Mabuza – 073 290 5101
Missing Children South Africa – 072 647 7464
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



