Colton Underwood (31), ‘n voormalige deelnemer van The Bachelor, Seisoen 23, het 13 Mei 2023 die knoop met Jordan C. Brown, deurgehak.
Die twee was vir meer as twee jaar in ‘n verhouding en meer as ‘n jaar verloof.
Underwood is ‘n realiteitster en ‘n voormalige NFL-speler.
Die paartjie het in Napa Vallei by Carneros Resort and Spa in Kalifornië voor 200 gaste getrou.
Die twee was geklee in Tom Ford pakke, groen vir Colton en blou vir Jordan.
Die troue is op Instagram deur Brown bevestig waar foto’s gedeel is met die byskrif: “The Brown-Underwoods.”
Colton wat op The Bachelorette en Bachelor in Paradise te sien was het op Good Morning America as homoseksueel uitgekom.
Bronne: People.com, The Hollywood Reporter en Instagram Jordan C. Brown
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



