Twee skoolmeisies verdrink in Amanzimtoti

Deel hierdie storie / Share this story

Twee meisies het Donderdag 11 Mei 2023 in die see in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, verdrink.

S.T.A.R.T. Rescue was vir die mediese noodgeval geaktiveer.

Daar is aan hulle gerapporteer dat twee pasiënte KPR-intervensie op die strand ontvang nadat hulle deur twee eThekwini lewensrededers uit die see gehaal is.

Met aankoms op die toneel is gevind dat drie tieners wat in die see geswem het deur ‘n sterk stroom meegesleur is.

Een kon daarin geslaag om na veiligheid op die strand te swem. Die ander twee persone wat na die strand gebring is, het nie reageer nie.

Netcare 911 gevorderde lewensondersteunende paramedici het opgedaag om te help.

Ongeag van die beste resussitasie probeerslae om beide die meisies te red, was hulle dood verklaar.

Polisie het opgedaag om die omstandighede van die insident te ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.