New York polisie stel verklaring vry na prins Harry en Meghan glo amper in ongeluk is

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook; Prins Harry gekritiseer na hy polisie wou gebruik as ‘lyfwagte’

Die New York polisie het gesê prins Harry en Meghan Markle het veilig by hulle bestemming aangekom na hulle glo amper in ‘n motorongeluk was.

Die paar, wat Dinsdag die Ms Foundation for Women gala bygewoon het in New York, was in die motor saam Meghan se ma Doria na die geleentheid toe hulle glo gevolg word deur die paparazzi.

Die New York polisie het in ‘n verklaring gesê “geen inhegtenisnemings” is gemaak na die voorval nie en niemand is beseer nie. Hulle het gesê daar was ook nie ‘n ongeluk nie.

‘n Verteenwoordiger vir prins Harry het gesê die paar is amper twee ure deur die paparazzi agtervolg en dit het amper verskeie ongelukke veroorsaak. Prins Harry se ma, prinses Diana, is in 1997 oorlede in ‘n motorongeluk na die paparazzi hulle voertuig gevolg het.

Bronne: BANG Showbiz, People, Bang Premier, Courier Mail

Lees ook; Prins Harry gekritiseer na hy polisie wou gebruik as ‘lyfwagte’