Vrou in hof na beweerde verkoop van R720 000 huis wat sy nie besit nie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Ongegronde mediabewerings kan AKA-moordondersoek benadeel

‘n Chatsworth vrou, wat glo ‘n huis verkoop het vir R720 000 wat nie aan haar behoort nie, is in hegtenis geneem en het die week in die hof verskyn.

Vanishree Nadar sal volgende week weer in die Chatsworth-landdroshof verskyn vir haar borgaansoek. Sy word daarvan beskuldig dat sy ‘n huis aan een van haar familielede vir R720 000 verkoop het en die geld gebruik het vir haar eie doeleindes. Sy is in hegtenis geneem na haar familielid besef het die transkasie gaan nie deur nie.

Die familielid het glo met ‘n prokureur gepraat en uitgevind die huis wat hulle “gekoop” het was nooit te koop nie en Nadar het nie die magtiging gehad om die huis te verkoop nie.

Sy word aangekla van bedrog.

Bronne: IOL, News365, VN Explorer

Lees ook: Ongegronde mediabewerings kan AKA-moordondersoek benadeel