Lees ook: Anele Tembe-saak dalk heropen
Die KwaZulu-Natalse polisie het hulle kommer uitgespreek oor die ongegronde mediaberigte aangaande die moord op die kletsrymer Kiernan “AKA” Forbes en Tebello “Tibz” Motsoane.
Die polisie het gesê die media belemmer die ondersoek deur ongegronde bewerings te plaas, soos die wat Dinsdag geplaas is dat die moordwapen gevind is.
Hulle het gevra joernaliste moet verantwoordelik wees en nie net inligting plaas nie. Hulle het gesê hulle maak vordering en sal die publiek in kennis stel wanneer iets gebeur.
Bronne: SAPS, The Citizen
Lees ook: Anele Tembe-saak dalk heropen



