Reeks-masturbeerder teister vroue

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Reeks-masturbeerder is besig om vrou wat in Phoenix, Verulam en Newlands in KwaZulu-Natal bly te teister.

Reaction Unit South Africa het oproepe van vier vroue wat om hulp vra, ontvang.

Al vier die vroue word herhaaldelik deur ‘n naak Indiër man deur video-oproepe van 15 verskillende nommers en verskillende netwerke gekontak.

Wanneer hy hulle per video-oproep kontak, masturbeer hy.

Sy gesig sal gewoonlik buite sig wees, terwyl die kamera op sy geslagsdele fokus.

Wanneer hy geblokkeer word, wissel hy net na nog ‘n nommer en skakel die vroue herhaaldelik en op die vreemdste tye.

‘n Vrou wat in ‘n woonstelblok woon, het gisteraand uit vrees dat sy dalk doodgemaak sou word, uit haar woonstel gevlug, nadat die teisteraar haar woonstel aan haar beskryf het. Sy het nog nie na haar woning teruggekeer nie.

Al vier die vroue het die man dieselfde beskryf.

Terwyl hy een van die slagoffers gekontak het, het hy homself as Neal wat in Phoenix woonagtig is, voorgestel.

Die volgende nommers word gereeld deur die verdagte gebruik:

068 4136 ***

061 1766 ***

062 6590 ***

063 4830 ***

Nog elf ander nommers word gebruik.

Reaksiebeamptes wat die nommers nagegaan het, het gevind dat dit onder die name Young Stud, Gigiolo GP, Indian Stud, ens. gestoor was.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.