Shantique van de Reede, ‘n graad 8-leerling aan Hoërskool Overvaal in Vereeniging, het die afgelope naweek gesterf.
Sy was met meningitis in die hospitaal opgeneem waarna sy oorlede is.
Shantique laat haar ouers, Jackie Gribble en Gavin van de Reede, agter.
Hoërskool Overvaal het die volgende plasing gemaak:
Dit is met ‘n seer hart wat ons een van ons mede-Valies in graad 8, Shantique van de Rheede groet.
Shantique het op ‘n jong ouderdom ‘n leweroorplanting gehad.
Sy is oor die naweek opgeneem in die hospitaal met menigitis en het die stryd gisteraand verloor.
Ons innige meegevoel aan haar familie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



