Ongeregistreerde R100 miljoen beleggingskema – beweerde verdagtes vas

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verdagte (74) is Dinsdag 16 Mei 2023 met die uitvoering van ‘n lasbrief, in ‘n voortgesette ondersoek, by ‘n begrafnis in Mamelodi, Pretoria, in hegtenis geneem vir die beweerde betrokkenheid in ‘n beleggingskema wat nie geregistreer is nie.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder vir die Valke direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoekeenheid, sê daar word beweer dat die verdagte by die beleggingsmaatskappy bekend as Undercover Billionaires se opbrengs baat gevind het.

Die man wat in hegtenis is het na wat verneem word glo deelgeneem aan aanbiedinge wat daarop gemik is om potensiële beleggers te lok met ‘n hoë opbrengs belofte.

Die hoeveelheid beleggings wat aangebied is, beloop ongeveer R100 miljoen.

‘n Tweede verdagte (34) is in ‘n woning in Kempton Park in hegtenis geneem.

Die twee sal vandag, Woensdag 17 Mei 2023, in die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Palm Ridge, op aangklagte van bedrog, diefstal, geldwassery en oortreding van die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste, verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.