Man met liggaamsdele in vrieskas, kry lewenslank

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man wat sy meisie vermoor het, haar liggaam opgekap het en in ‘n vrieskas in sy kamer gesit het, het lewenslank tronkstraf gekry.

Flavio Hlabangwana is Dinsdag in die hoggeregshof in Johannesburg gevonnis, nadat hy skuld beken het.

Hy is in November is 2021 in hegtenis geneem nadat die polsie die ligaamdele in sy huis in Soweto ontdek het.

Hlabangwana het glo twee keer probeer selfdood pleeg, maar nadat hy geevalueer is, is daar bevind dat hy geskik is om in die hof te verskyn, berig Sowetan Live.