Verdagte vas oor beweerde betrokkenheid by skema

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verdagte (74) is Dinsdag by ‘n begrafnis in Mamelodi, Pretoria, in hegtenis geneem in verband met ‘n ondersoek oor ‘n ongeregistreerde beleggingskema.

Volgens die polisie het die verdagte na bewering voordeel getrek uit geld by die ongeregistreerde skema, genoem die Undercover Billionaires.

Die verdagte was glo deel van voorleggings waar potensiële beleggers oorreed is om geld te belê.

Altesaam is ongeveer R1 miljoen in beleggings bymekaargemaak.

Die tweede verdagte, ‘n 34-jarige, is by ‘n huis in Kempton Park in hegtenis geneem.

Die twee verdagtes sal na verwagting op 17 Mei in die hof verskyn.