‘n Twaalfjarige seun word nou van moord aangekla nadat hy glo ‘n werker by ‘n Sonic Drive-In met ‘n AR-15 doodgeskiet het.
Plaaslike owerhede het die 32-jarige Matthew Davis op die grond, met verskeie skietwonde, aangetref met hulle aankoms op die moordtoneel.
Die voorval het ongeveer 22:00 Saterdagaand plaasgevind. Die werker is na die hospitaal gejaag waar hy dood verklaar ois.
Speurders se voorlopige ondersoek dui daarop dat die 20-jarige Angel Gomez glo die 12-jarige seun en ander passassiers na die deurry geneem het.
Davis het Gomes glo gekonfronteer nadat hy in die parkeerterrein geurineer het.
Tydens die konfrontasie het die kind glo die vuurwapen uit die motor gegryp en Davis geskiet. Hy het ses rondtes afgevuur.
Die seun e Gomez het glo van die toneel gevlug en is later aangekeer.
Die ondersoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



