Vrou in motorvoertuig doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou is Saterdagaand kort voor middernag en die aanvangs van Moedersdag na ‘n argument met ‘n man wat glo aan haar bekend was, in ‘n motorvoertuig in Wally Haywardrylaan in Ashburton, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

Volgens Mi7 National Group het hul beheerkamer ongeveer 23:47 berigte van die gemeenskap oor skote in die omgewing ontvang.

Reaksiebeamptes is uitgestuur na waar gemeenskapslede rondom ‘n geparkeerde voertuig in Wally Haywardrylaand saamgedrom het.

Die vrou, wat minstens 10 skietwonde opgedoen het, is in die passasiersitplek gevind.

SAPD en nooddienste is verwittig. Paramedici het haar op die toneel dood verklaar.

Na bewering was die oorledene, volgens familielede, by ‘n gesinsbyeenkoms waar die man (verdagte) haar gekonfronteer het. Sy is deur ‘n ooggetuie wat haar motor bestuur het, huis toe geneem.

Hulle is glo deur die man waarmee sy die onderonsie gehad het, gevolg. Hy het op haar geskiet en het in sy motor van die toneel gevlug. Die ooggetuie was ten tyde van die skietery in die voertuig, maar is nie beseer nie.

‘n Beskrywing van die verdagte se voertuig is gesirkuleer en dit is later verlate gevind.

Die saak word deur die polisie ondersoek.

Vera Hammond Mckenzie het die volgende in op Facebook geplaas:

“Hi everyone. I would like to clarify that the female is my niece and she was in the car with her 2 brother in laws and the man in question is her soon to be ex-husband. This post makes it like a love triangle. Please get the story right before publishing.”

Die oorledene is in veskeie kommentaarplasings as Delana Cader Rawlins geïdentifiseer.

FiND iT het vir polisiekommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.