Gebede gevra vir Rustie wat in motorongeluk was

Deel hierdie storie / Share this story

Kevin Jansen van Vuuren, ‘n graad-12 leerling aan Hoërskool Rustenburg in Noordwes was Vrydagaand, 12 Mei 2023 in ‘n ernstige motorongeluk betrokke.

Hoërskool Rustenburg het met ‘n Facebook-plasing gevra vir gebede na die ernstige motorongeluk.

Kevin is met ernstige beserings in die Dr. George Mukari Akademiese Hospitaal in Pretoria opgeneem.

“Ons bid vir volle genesing. Ons bid dat die Here die ouers sal bystaan en deurbraak sowel as rustigheid bring.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.