Kyk: SA Komediant gee ‘Wie word ‘n Miljoenêr’ wengeld vir Gift of the Givers

Deel hierdie storie / Share this story

Video: kykNET

Melt Sieberhagen, Suid-Afrikaanse komediant wat aan die kykNET program “Wie word ‘n Miljoenêr” waarvan Rian van Heerden die aanbieder is, deelgeneem het, het sy wengeld aan Gift of the Givers, geskenk.

Hy het as die algehele wenner op die spesiale program, waaraan hy en nog bekendes deelgeneem het, uitgestap.

Die rede waarom hy Gift of the Givers gekies het, was omdat die organisasie volgens sy mening werklik ‘n verskil maak.

Volgens News24 beriggewing sê Rian van Heerden die programaanbieder dat dit die grootste bedrag is wat nog op een van die spesiale programme gewen is.

Gift of the Givers het soos volg op sosiale media reageer:

“South African comedian Melt Sieberhagen has generously donated R250,000 of his winnings from the show “Wie word ‘n Miljoenêr” to Gift of the Givers.”

kykNET het die volgende verskoning aangebied nadat daar ‘n tegniese fout op die program was:

Daar was vanaand ‘n tegniese fout met die uitsending van Wie Word ‘n Miljoenêr. Ons vra om verskoning dat kykers nie die hele episode met ons bekendes kon geniet nie. Die volledige episode is binnekort beskikbaar op DStv Catch Up.

There was a technical error tonight with the broadcast of Who Becomes a Millionaire. We apologize viewers couldn’t enjoy the entire episode with our celebrities. Full episode available soon on Dstv catch up.

Melt Sieberhagen het die volgende op sy Facebook-blad geplaas:

Wat ‘n antiklimaktiese f*kop.

Dankie aan almal wat gisteraand die moeite gedoen het om te probeer kyk hoe ek R250k vir liefdadigheid verdien.

Jammer dat kykNET toe net die laaste twee vrae kon uitsaai te danke aan een van die grootste broadcast boggerops wat ek nog in my lewe beleef het.

As jy dus, soos ek, nie die luxury van CatchUp het nie, gaan jy dit nooit kan sien nie en moet jy my maar glo dat dit baie lekker was, vol grappies en pret.

Trouens, dit was fantasties lekker totdat die pap gister iewers tussen Quality Control en Final Control op die grond beland het.

Ten minste kry Gift of the Givers darem nog hulle geldjie.

Dankie vir die span by #wiewordnmiljoenêr vir die lekker saamspeel.

En ek hoop die nole wat die broadcast opgefoeter het, kry almal ‘n sak vol snot vir Kersfees.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.