Kimberley 4 Kimberley: ‘n samewerkende poging om teerpaaie te herstel

Deel hierdie storie / Share this story

Die projek beoog om die teerpaaie van Kimberley te verbeter. Dié inisiatief is ‘n gesamentlike poging deur besighede, inwoners, die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel (Nokki) en die Sol Plaatje-munisipaliteit.

KONTAK 053 831 4549 / 082 866 8963 of e-pos [email protected].

Sluit hier aan by die Telegram-groep.

DF Marais, die kontrakteur vir die projek, sê met die gesamentlike pogings van verskeie belanghebbendes kan die gemeenskap uitsien na ‘n beter paaie. “Om die sukses daarvan te verseker, sal besighede en inwoners tot ’n fonds bydra terwyl die munisipaliteit die nodige hulpbronne sal verskaf, insluitend teer en materiaal. Ek sal, as die aangestelde kontrakteur, die noodsaaklike taak van padherstelwerk en opgraderings behartig.”

Die Kimberley 4 Kimberley-projek verteenwoordig ‘n uitstekende voorbeeld van samewerking tussen verskillende entiteite om ‘n gedeelde uitdaging aan te spreek.

“Die sukses van Kimberley 4 Kimberley berus grootliks op die aktiewe deelname van besighede en inwoners,” sê Marais.

BANKBESONDERHEDE: KIMBERLEY 4 KIMBERLEY

Crown Asphalt
Absa current
940151783
632005

KONTAK 053 831 4549 / 082 866 8963 of e-pos [email protected]. Sluit hier aan by die Telegram-groep.