‘n Vermiste man (67) wat twee weke gelede van die KwaMaphumalo-area in KwaZulu-Natal vermis geraak het, se liggaam is Sondag 14 Mei 2023 in ‘n rivier gevind.
IPSS Search and Rescue sê sy liggaam was gekry waar dit in die Umvoti-rivier in die Daka Daka-area naby Gendale gedryf het.
IPSS tersame met SAPD se soek-en-reddingspanne het die liggaam uit die rivier gehaal en aan Glendale-polisie oorhandig.
Familie van die vermiste man het hom op die toneel positief geïdentifiseer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



