Snenlhanlha Ngcobo (11), ‘n minderjarige meisie wat vermoedelik van Buffelsdraai in KwaZulu-Natal afkomstig is, se familie word gesoek.
Reaction Unit South Africa het die publiek se hulp gevra om haar familie op te spoor.
Sy is Saterdagaand op die Old Main Road en M27 interseksie in Southridge gevind.
Die meisie het reaksiebeamptes ingelig dat sy saam met haar ouers in Verulam was toe hulle van mekaar geskei is.
Na bewering het sy reeds vir ure kaalvoet rondgeloop en hulp gesoek.
Sy sê haar pa se naam is Bafana Ngcobo.
Enigiemand wat inlingting oor die meisie se familie het kan Reaction Unit South Africka by 086 1234 333 skakel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



