Baviaanspoort Korrektiewe Sentrum sorg vir hul eie kos

Deel hierdie storie / Share this story

Baviaanspoort Korrektiewe Sentrum wat buite Pretoria geleë is, sorg deur landbouprojekte dat hulle vir hulself kos kan voorsien.

Nkosi Phathekile Holomisa, adjunkminister vir die departement van justisie en korrektiewe dienste het die sentrum Vrydag 12 Mei besoek.

Hy is deur adv. Moeketsi Mashibini, die streekskommissaris vir Gauteng, verwelkom

Oortreders by hierdie korrektiewe fasiliteit neem daagliks aan landbouaktiwiteite deel om sodoende hul eie kos te kan produseer.

Die adjunkminister het die landbouprojekte wat in werking is, ondersoek, omdat dit ‘n sleutelrol speel in voedselproduksie vir oortreders, deur oortreders.

Baviaanspoort is een van die korrektiewe sentrums wat binne die departement grootliks bydra tot die departement se selfvoorsiening- en volhoubaarheidsraamwerk.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.