Vier slagoffers van ontvoering gered, een in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Motetema het ‘n verdagte Donderdag in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by die ontvoering van twee verdagtes tussen 20 en 26 jaar oud.

Die verdagte is opgespoor en in Vaalbank in Mpumalanga in hegtenis geneem.

Volgens die polisieverslae het twee verdagtes ‘n wit Mini Cooper gery en die twee slagoffers glo by hulle huis in Manapsane ontvoer en hulle beskuldig daarvan dat hulle TV-stelle gesteel het.

Die polisie het die twee slagoffers gered en ook twee ander manlike persone wat in Vaalbank ontvoer is.

Die vier slagoffers het ernstige beserings opgedoen en is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem. Een verdagte is voorgekeer en die ander kon ontsnap.

Enigiemand met inligting word gevra om die polisie by 082 573 3645 of 082 414 6464 te kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel